Om Woord te bring waar daar gegroet word. Dit is soveel meer as net 'n formulepreek. Dit is nie net vir op die kansel klim, en geykte gewoontes en woorde aan die treurendes voor te hou nie.
Dit is om met opperste respek teenoor die oorledene, sowel as elke familielid, Woord te bring wat helend is. Woord, wat absoluut afhanklik is van Heilige Gees leiding. 'n Groetdiens, is nie die plek om allerlei cliche's kwyt te raak en raaiskote oor 'n persoon se lewe te doen nie. Hierdie diens vereis deeglike vooraf-konsultasie met die naasbestaandes.
Die finale groet, by die oop graf, moet in selfs meer sensitiwiteit hanteer word. Dit is die laaste keer dat die naasbestaandes, iets fisiek van die oorledene kan beleef. Wanneer die kis sak en die kluite klap, is daar nie 'n geleentheid, om weer na die vlees te groet nie. Die grafwoorde is gewoonlik min, en juis daarom, moet dit in perfekte leiding wees.
Om te groet, die voorreg wat ons as Woordbedienaars, dikwels ten beurt val. Dit is daardie geleentheid, wat ons ook aan ons eie verganklikheid herhinder, en elke keer, nie net die begrafnisgangers nie, maar veral die prediker, noop tot nuwe introspeksie.
|